
De Rode Botha
Daar is net vier oorblywende Rooi Bothas, ek, my vrou en my twee seuns.
Die bladsy is n plekhouer vir iets wat nog gaan kom - wat weet ek nog nie.
Die Rooi Bothas is so bietjie moeilik - vanwaar die rooi. Die 'clan' is begin deur my groot-oupa en sy vyf bedonderde seuns. Van die vyf het net een n seun gehad, en die het net een seun gehad, en die twee...
So dis ons - die Rooi Bothas, of te wel Familie de Rode Botha.
Onder is my persoonlike heraldiese skild met kroon, wrong en deklede (wapen) - dis nie vir algemene gebrui nie - dis gerigistreer as a persoonlike heraldiese kenteken by die Buro van Heraldiek (H4/3/4/1037).

SKILD: Op n skild van silver, in silver op die bors van 'n Arend in swart vertoon, met bek en pote in goud, 'n Leeu ranpant, bekroon in goud met drie Fleur-de-lis, een en dan twee.
HELM, KROON en KENTEKEN: 'n Riddreshelm in silver, bestaan met goud. 'n Torse in silver en rooi, met n Jonkerskroon in goud, en 'n Koningsprotea in rooi met groen blare.
WRONG en DEKLEDE: Silver en Rooi
WAPENSPREUK: Familia Supra Omnia
kontak my by: johann@botha.org.za